Tuesday, August 10, 2010

Nylstroom : Healstorm = Nagmerrie



Tanja en Jaco from Nicholas de Kock l Romanza Films on Vimeo.

Ek en my getroue vriend en mede DJ, Ollie, Het toe ons eerste SONDAG troue gedoen so paar maande terug dit was ons 29 ste Troue vir 2009, in Nylstroom by die Shangri La Protea Hotel.
 
Die dag het redelik goed begin maar nie so goed geëindig nie……. 

Ons het so 10:00 die oggend daar aangeland , die 3 wolkies in die lug bekyk, bekommerd geraak en ingeboek in ons hotelkamer wat die bruidspaar vir ons gereël het (Dankie Jaco en Tanya) en ons het gou “ingesetle” en besluit toe ons gaan ietsie eet (en drink) in die restaurant .Die hotel personeel was verskriklik hulpvaardig en vriendelik en het amper oor hulle voete geval om ons te help en te bedien. 


So by 12:00 besluit ons ons wil net gou gaan kyk waar die onthaal area en die kerk is sodat ons kan begin klank toerusting uitpak, En skielik onthou ons toe die troue is in die hotel se BOMA en dit is NIE onderdak nie, en ek onthou in die email gesprekke met die bruid ver terug in Januarie dat sy so iets genoem het. 

Die hotel se bestuurde Ken Strijdom deel ons toe mee dat hulle ‘n plan B het , Indien dit sou reën sal hulle mense reel wat ons sal help dra om die toerusting onderdak te kry. 

Ons aanvaar dit toe so en begin ons klank toerusting uitpak , In die kerk doen ons gou ‘n sound check want die Dominee se vrou sing ‘n liedjie daar en by die onthaal area (BOMA) sit ons die ander sisteem op en die ligte.

Ek trek sommer ‘n swart sak oor die “amplifiers” vir as dit sou drip dan kan die plastiek darem keer. Ons is toe terug hotelkamer toe om te gaan stort en ons pikkewyn pakkies te gaan aantrek vir die troue. Om 14:00 klim ons in die bakkie en begin ry BOMA toe…………en daar val die eerste druppel, Ollie sit voet in die hoek en ons jaag Boma toe. 





Ons het skaars uitgeklim by die BOMA toe sak daar ‘n heal bui uit die hemel uit oor Nylstroom neer en ons hardloop vinniger as Mrs Balls Semenya in daai Boma in, en Vriende.............die gesig wat ek daar voor my sien het my amper  laat huil. 


Al ons beligting staan oop en bloot in die reën en al 4 die speakers kry hael van bo. GELUKKIG het Mnr. Ken Strijdom mooi kop gehou en ons “amplifiers“ in ons afwesigheid toegegooi met so ‘n dik blou seil en vasgepak met klippe dat die wind die seil nie moet wegwaai nie. 

SKIELIK is hier so 6 – 7 ouens van die Hotel personeel by ons, en hulle help ligte en speakers afruk en onder dak invat ( wat so 80 m se draf is) tot die chefs uit die kombuis kom help dra.

Nou ja by die tyd is ek en Ollie PAPSOPSOMERWATERNAT en die bruid stap oor 15 min by die kerk in. Ek vra die hotel personeel vir 4 groot handdoeke en gil instruksies vir Ollie. 





Moenie die ligte aansit nie !! Moenie die amp Aansit nie !! moenie dit nie, moenie dat nie. Ek kry net sulke skrefies oog kyke van sy kant af, want hy is  mos nie stupid nie hy sal dit nooit doen nie, maar ek ly aan soveel skok ek verbeel my dit sal die water droog maak as ek gil. 

Ek vat een handdoek en gooi dit op die kerkbank waar ek gaan sit en die ander gooi ek oor my dat ek nie koue vat nie. Skielik kom ek agter die “Cordless mikrofoon” se receiver het nie krag nie, en die transformer het gesmelt van ‘n power surge, en die Dominee wil praat, Ek vra sommer die Video man se assistent om vir Ollie te gaan sê hy moet die Backup mikrofoon vir my stuur (2 min voor die bruid instap) Mikrofoon opgesit en ek het gaan sit en net daar stap die bruid in…………Res van die kerkdiens het 100% afgeloop behalwe dat ek papnat was. 

Tussen die Kerk en Onthaal gaan haal Ollie ons droë klere (2 Bloubul Truie) en ons gee ons Pikkewyn pakkies vir die hotel personeel wat dit vir ons gaan was, Tuimeldroog en stryk…..Hier sit ons in die onthaalsaal in ons Bloubul Truie en DJ dat die biesies bewe. 

Ons het daardie aand soos twee ystererts klippe geslaap en die volgende oggend soos konings ge eet aan die breakfast buffet wat die hotel voorgesit het 

Dit was ‘n wonderlike naweek man !!!
 


Kliek hier om na ons webtuiste te gaan Wedding DJ Gauteng